DIE SEXY ROOI STILLETOS

Tien swart, een witte, twee bruine stilletos … en so sit ek my speletjie voort  om een repeterende kleur stilette na die ander te voorspel soos die meisietjies opstap om hulle CUM Laude toekennings te ontvang. My oog gaan oor die skare…’n joernalis in ‘n aitsa snyerspakkie wink vir my – ek laat my oog sonder enige teken van erkenning oor haar flits. Ek doen nie verhoudings nie, net one-night stands – sy het dit geweet toe ek haar laas week huis toe gevat het. Ek kyk na die tyd op my Rolex, nog ‘n uur voor die banale funksie eindig.

‘n Hand wat pronkerig wuif laat my kop na twee prikkelpoppe draai wat openlik met my flankeer, nie dat ek die twee dames kwalik neem.

Ek is dié vangs! Op twee-en-dertig is ek die CEO van Suid-Afrika se grootse invoer-maatskappy op motoronderdele en boonop nog aangewys deur ‘n vermaaklikheid tydskrif as Suid-Afrika se aantreklikste alleenloper aangewys.

‘n Valerige meisietjie steek haar kop agter die twee prikkelpoppe uit om verby hulle te kyk – sy kyk om na ‘n bruinkop meisie op die verhoog. Haar wysvinger en middelvinger gaan na hart en dan vat sy dit na haar lippe en blaas ‘n glimlaggende soentjie weg – ‘n vreemde gewaarwording spoel oor my toe ek agterkom dat ek wens om aan die ontvang kant te wees van daardie soentjie. Genugtig Luke, wat de hel is fout met jou – ruk jou reg jy dink nooit so nie! Die donkerkop meisie op die verhoog draai na haar vriendin en doen dieselfde…’n oulike toneeltjie – die een prikkelpop wat nou net my aandag probeer trek het stap verby. Die valerige meisietjie laat my nuuskierig na haar kant kyk. Ek weet sommer dit sal een of ander swart of bruin plat hofskoen wees. Die prikkelpop stap op die verhoog en ek kan die valerige meisie nou beter bekyk. Ek is nie voorbereid op wat ek sien – my begeerte vir die vrou is op oog slag oorweldigend. Goeie genade vroumens!

My oë volg gaan van haar blonde kop en gly dan af na haar sexy rooi stilletos nog af tot haar welgevormde enkels – dan weer af tot by haar groen oë wat my stip dophou. Ek vang haar groen oë op my, sy kyk skielik af na haar voete en dan met ‘n blos op haar wange weer stip na my. Dit voel of daar ‘n magnetiese krag is wat my nader aan haar trek.

Leonie kyk senuagtig op na die aantreklike man op die verhoog wat nou opgestaan het om haar toekenning aan haar te oorhandig  – sy herken hom as Luke Cronjé die CEO van AMROCK. Sy is die Victor Ludorum vir die jaar en het ‘n internskap by sy maatskappy verwerf as ‘n persoonlike assistent vir die uwe, Luke Cronjé. Magtig maar hy is ‘n optimale voorbeeld van ‘n man – ek skat hom so tien jaar ouer as my eie een-en-twintig jaar, maar ek mag dalk verkeerd wees.

Hy gee ‘n tree nader en druk haar hand in syne dit voel of haar hand aan die brand raak, “Mnr. Cronjé…Mej. Keiser kan u asseblief na my toe draai vir ‘n foto,” vra ‘n student van die onderkant van die verhoog af.

Haar groen oë flits senuagtig na my, ek druk haar onder my arm in en draai vir ‘n foto na die kameraman- die soet reuk van heuning en iets wat ruik soos veldblomme omvou my. Ek druk my hand stywer in haar sy en as sy iets voel laat sy niks wys, genugtig ek moet myself onder beheer kry ek is ‘n man van twee en dertig en nie ‘n tiener – as dinge so aangaan gaan my groeiende begeerte meer as net ‘n klein probleem raak. “Dankie vir u tyd Mnr Cronjé – as u ‘n kopie soek van die foto’s Mej. Keiser kan jy gou ‘n draai kom maak by my. Die media tafel is daar in die hoek,” die pierewaaier wys na die een hoek en fleks sy arms, wink – dit voel of my arm hare begin rys van jaloesie. Die bliksemse nat-agter-die-ore-stront het sowaar die arrogansie om met my meisie te flirt – wat de hel dink jy – jou meisie Luke?  Sy glimlag skaam en praat dan vir die eerste keer. “Is reg, ek kom maak daar nou daar ‘n draai uhmm…”

“Pieter Brink, aangenaam en jy is seker die mooie Leonie Keiser,” ‘n pragtige blos sprei oor haar wange toe die pierewaaier sy sjarme oopdraai. Ek sprei my vingers wat nog haar rug rus oop en dan weer toe, die klein haartjies in haar nek wat onder haar toga uitsteek staan kiets regop van die beweging. Sy is net so aangeraak soos ek – dink ek met satisfaksie.

“Jy kan dit sommer na my kantoor toe epos jul het mos my besigheidsinligting,” brul ek vir die bliksem – die Pieter ou lyk effe afgeblaas, “Mej. Cronjé as u tydjie het, ek het ‘n paar goed om met te bespreek voor jy Maandag oggend begin by AMROCK,” sy lyk effe verbaas oor my informele aanspreekvorm, maar haar mond pruil tog om te antwoord.

“My ouers staan en wag vir my daar onder om te groet, jy is welkom om saam te stap,” sy wys na ‘n ouerige paartjie wat vriendelik vir haar waai om haar aandag te trek.

Sonder om te dink druk ek haar effe vorentoe op haar rug, “Ek stap graag saam.”

Sy stap voor my uit haar en ek druk my hand in my broeksak, my oë gaan dadelik na haar rooi stilletos wat tik-tak oor die vloer. Ek is so gehipnotiseer deur die tik-tak van haar stilletos en daardie verdomde sexy enkels dat ek nie eers agterkom dat sy gestop het tot ek in haar vasloop van agter af. My hande gaan outomaties uit my sakke en druk teen haar fyn skouers, haar sagte asemteug ontsnap nie my ore nie – genade ek is so hard… Haar blonde kop draai effe na my en sy is so naby aan my dat ek die swart van haar pupille kan sien wat effe amusant na my loer.

“Alles reg Mnr. Cronjé?” vra sy geamuseerd. Verdeksels…sy sien regdeur my.

“Noem my Luke,”

“Luke,” proe sy die naam op haar lippe, ek kan met eerlikheid erken dat my naam nog nooit so mooi vir myself geklink het nie.

Ek kyk op in haar ma wat ‘n ouer weergawe is van haar sy hou ons met fassinasie dophou, oor haar dogter se skouer vir wie sy ‘n druk gee. “My meisiekind, mamma is so trots op jou.”

Haar pa wat heeltyd effe agter sy vrou gestaan het tree nader en omhels sy dogter, sy oë is effe bewoë. Dit is eers toe dat ek hom van nader sien en hy wegtrek van sy dogter dat ek hom herken.

“Oom Tobias,” vra ek voor hy homself kan voorstel, hy knik sy kop effe verbaas en ek sien hy probeer my plaas, maar ek weet hy sal nie sommer die vergelyking maak nie. My van het ek intussen verander en ek is nie meer dieselfde vaal buurseun van Andries Opperman nie.

“Oom het partykeer daar op my stiefpa se plaas kom werk doen vir die kerk – ek was Andries Opperman se kind,” Oom Tobias gee ‘n tree vorentoe erkenning flits agter en iets wat lyk soos simpatie.

“Kan dit wees, maar was jou naam dan nie Lukas Opperman nie, ” vra Oom Tobias, Leonie se oë flits na my nuuskierig. Ek wonder of sy die klein blondekop dogtertjie was wat een of twee keer saam Oom Tobias op die plaas was.

“Ek was Lukas Opperman, maar na skool het ek besluit om my oorlede pa se mense se van te vat.” Lukas het ek al in die hoërskool laat wegval na my pelle my Luke begin noem het, na die Lucky Luke strokiesprent op televisie. Nie dat ek ooit in die lucky was in my lewe as jong seun nie. Leonie se groen oë kyk diep in my siel asof sy my uit mekaar trek, uitspoeg en weer aan mekaar vaswerk.

“Jy is dan Karlien’tjie Opperman se halfbroer…sy was my beste vriendin op skool. Jy was nooit weer voor jy weg was weer by die huis nie…,” sê-vra sy en daar dans hartseer agter haar oë.

“Ek was elf jaar ouer as Karlien…toe ek daardie dag by daardie huis uitgestap het, het ek my afgesmeer aan almal in daardie huis. Ek verwyt myself elke dag dat ek haar nie uit daardie hel gekry het voor ek weg is nie.” Ek laat sak my kop skaam, maar ‘n hand vat myne en druk. Dit is hare, haar ma en pa staan eenkant met hulle koppe na mekaar gedraai en gesels.

“Jy het gedoen wat jou kon, jy was nog self kind daardie tyd. Karlien het jou nooit verwyt nie. Sy is hier weet jy.” Ek draai my kop en frons. Ek het nie my suster se naam gehoor toe hulle die studente afgekondig nie.

Asof sy my gedagtes kan lees antwoord sy my, “Jy sou nie haar naam herken nie, sy en haar man Wessel is ‘n maand terug getroud.”

My kleinsussie getroud…sy wuif sy na êrens agter my rug roep sy, “Karlien! Wessel!” Ek draai stadig om en sien dan die meisie vir wie sy ‘n soentjie geblaas het. Die brein kop meisie kom nader gestap, ‘n man ‘n paar jaar ouer as sy wat haar hand styf vashou. “Is dit sy?” vra ek effe skor, sy druk my hand wat nog steeds in hare is. Karlien kom nader en gee vir Leonie ‘n klapsoen op die wang, “Geluk Mater!”, Wessel glimlag vir Leonie, hy steek sy hand uit en stel homself voor as Wessel Brink.

Leonie laat haar hand op speel met my arm tot by my elmboog. “Karlien ek wil jou graag voorstel aan…jou halfbroer Luke Cronjé – Lukas Opperman.”

Karlien kyk na haar vriendin wat nog steeds my arm vashou en val dan met haar arms oor my skouers. “Ouboet, kan dit dan wees? Ek het na jou gesoek na skool, maar dit is asof jy van die aardbol af verdwyn het.” Sy druk haar kop teen sy borskas terwyl Wessel effe verdwaas eenkant staan, en Leonie nog steeds my arm beet het. Ek is bly sy hou my vas want as dit nie vir haar was wat my standvastig hou nie sou ek nie meer staan nie.

“Karlien, magtig maar jy groot geword, die laaste keer wat ek jou gesien het was jy wat ses…sewe jaar oud.” Sy suster glimlag vir hom en tree dan terug in Wessel se arms.

Oom Tobias en sy vrou het ook intussen nader gestap en sy vee omtrent trane af.

Oom Tobias slaan hom op sy skouer. “Nou toe nou, kom ek en Tannie Bettie vat julle almal uit vir ete by die Portugese restaurante hier om die hoek. Luke jy is natuurlik saamgenooi, dalk kan Leonie saam met jou ry dan wys sy jou sommer waar.” Hy draai na Wessel, “Wessel jy weet mos waar?” Wessel knik sy kop en ons almal loop na ons karre.

Leonie is stil langs my, ek het weer haar hand in my hand gevat. Ek kan dit nie help nie – dit is of ek net haar graviteer. Sy stop skielik in haar spore so paar tree voor my Mercedes.

“Ek kan ongelukkig nie pos aanvaar nie,” sê sy haar stem effe wankelrig.

Ek gaan staan geskok en kyk dan af daardie groen oë van haar. “Hoekom nie, het ek iets verkeerd gesê?”

“Nee…jy het niks verkeerd gesê nie, maar…” sy los my hand en vou haar arms om haarself.

“Wat is dit Leonie?”

“Ek is bang jy lag vir my as ek vir jou sê,” haar stemmetjie klink dun.

“Leonie, ek belowe om nie lag nie,” ek druk my vinger onder haar ken in sodat sy na my kan kyk.

“Ek wil nie meer vir jou werk nie, want ek voel iets vir jou – en ek weet dit klink mal en dit is impulsief, maar my ouma het altyd gesê as ek die regte een ontmoet sal ek weet…en ek sê nie jy is die regte een…” ek stop haar met ‘n vinger teen haar mond om haar stil te maak.

“Ek voel dit ook van die eerste keer wat ek jou sien staan het langs die verhoog en jy daardie verdomde soentjie vir my suster gestuur het, wou ek alles oor jou weet,” ek neem haar fyn hand in my en vleg ons vingers.

Ek buk effe af met my kop, en gee haar ‘n soentjie op haar voorkop – pure elektrisiteit.

“Kom ons gaan kry jou ouers, dan gaan fliek ons na die tyd, ” ek trek haar aan haar hand na my kar, “Ons het mekaar vandag eers ontmoet is dit nie te vinnig vir ‘n fliek nie,” vra sy maar glimlag breed saam.

“Nee die fliek kan nie vinnig genoeg kom dat ek vir Die volgende ontmoetings kan reël nie,” antwoord ek effe skor. Skielik klink die idee van eendag nie so verregaande nie.  

@MARTIE JANSE VAN RENSBURG

One thought on “DIE SEXY ROOI STILLETOS

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s