COVID-19 : AS JY MOED VERLOOR

APRIL 2020

die wêreld is vreemd vandag,

die is strate leeg.

geen kinders in sig,

geen bedelaars by die stopstraat,

of karwagte in die parkering

selfs die koerantman het spoorloos verdwyn.

ma staan buite met haar pienk kamerjas

en rook net nog ‘n laaste sigaret

en pa, hy skoffel maar die tuin.

want by die huis is ons veilig.

ons voer oorlog

in ons fokken pienk pajamas.

Ons bekommer

oor bankstate

want ons almal weet:

no work, no pay

die beste parkering by die winkel

is vanoggend myne,

want daar is net vier vreemdelinge

wat groet met maskers oor hul gesigte

die kassiere hoes

en almal koes

want nou-nou is jy ook ‘n poes

so jy ry my maar wees huis toe

gaan kyk maar weer die soveelste fliek,

knibbel aan jou sjokolade,

bak ‘n broodjie

                                                                                en stook ‘n vuurtjie,                                  

help die kinders met aanlyn huiswerk

en wonder wat doen die juffrou,

en hoe de fok die wêreld so vinnig,

so drasties verander het

is dit ons straf

teen die sondes van die aarde?

Martie Janse van Rensburg

Kopiereg

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s