VAT JOU SAAM

dit was oggend

soos enige ander oggend.

‘n rumoer uit die kamers,

iemand huil – gil jou naam,

sĂȘ ek moet kalmeer-

sirenes skree

gee oor aan jouself

hou op asemhaal

een        hou op!

twee     hou jy op?!

drie        .stiltes is oorverdowend

ek dink aan die reuk

tussen jou nek en kraag

gee oor aan jouself

hou op asemhaal

die deur is oop

mense kom,

en mense gaan

wie het die MONSTERS ingelaat?

dit klou aan my longe  –

ek het jou op ‘n vreemde plek verloor

mense kom

en mense gaan

wie gaan vir my asemhaal

gee oor aan jouself

ek dra jou saam

dit was ‘n liefde, so groot.

@ Martie Janse van Rensburg

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s