smeek om die son

Die slegste in my

wil jou liefhê

al onthou ek gister met stukkies wraak

dat jy my beskou as jou persoonlike slaansak.

Niks in hierdie wêreld kan mens gereedmaak

vir jou tipe haat, ek wonder wie het jou seergemaak?

ek wil jou boosdoener kry in die nag

en ek wil vra sonder genade hoekom –

hoekom hul jou moes breek?  

die beste in my wil oor begin

van vooraf verlief raak op die soek in jou hande,

in jou blou oë kyk,  jou kaal uittrek

en deur my laat gly soos beloftes

-ek wil jou liefde herhaal

al is herinneringe aan jou

die goed wat ek onthou;

al is jou woede die enigste oomblikke

 wat jy vir my kan skenk

ek bly nie omdat ek swak is teen jou wraak

ek bly, want as jou woede verby is,

weet ek bring jy die son \ weet ek jy gee jou liefde.

ek sal elke keer as jou oë vra, myself bied

-ondanks als is jy werd die kneus van my vel,

die rol van my trane –

eendag sal jy die swaard opneem

teen die monsters wat jou verwoes

en jy gaan wen – dan sal ek my son vir jou bring

                ,want jy is my huis

kopiereg Martie Janse van Rensburg

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s