NOODKRETE IN DIE NAG

trane val sag – as jy alleen is

seisings in jou ore

wat jou laat verloor

jy het in my lewe gekom as vertroueling

met sterk hande onder my armholtes

en sagte fluisteringe in my oor

het jy my skadu’s verdryf

met jou seeblou oë

het jy geheime uit my getoor

maar,

                In die donkerste tye

                is ‘n ring net dit. ‘n goue band  

vir my is jy lig

gister sien ek ‘n visioen in ‘n geel sonrok

hare blink engelagtig in die hospitaal se ligte

sy het haar arms om jou gegooi

net soos in my drome  

het jy haar in die rondte geswaai 

haar lag soos klokkies  

wat deur die gange weergalm

sy is perfek – sy is joune  

ek wou nog sê

tot die dood toe veg prinse

miskien as jy die brief kry

sal jy hartseer raak

oor die dood van ‘n gebroke meisie

kopiereg Martie Janse van Rensburg

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s